Dunbekwulp

Dunbekwulp
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Charadriiformes
Familie: Scolopacidae
Genus: Numenius
Spesie:
N. tenuirostris
Binomiale naam
Numenius tenuirostris
Vieillot, 1817
      voormalige broeigebied (Rusland)      voormalige oorwinteringsgebied (Noord-Afrika & Midde-Ooste)      vroeë uitsterwingsgebied (Balkan)

Die dunbekwulp (Numenius tenuirostris) is 'n uitgestorwe wulpspesie in die familie van strandlopers (Scolopacidae) wat inheems aan Eurasië en Noord-Afrika was. In November 2024 is daar deur 'n groep Britse natuurlewe-organisasies aangekondig dat hulle reken dat die dunbekwulp uitgesterf het.[1][2] Die laaste bevestigde waarneming van die spesie was in Marokko in 1995. Isotoop-analise dui daarop dat die meerderheid van die voormalige bevolking in die Kazakse Steppe geteel het. Hulle was migrerend en het vroeër in vlak varswaterhabitatte rondom die Middellandse See oorwinter. Hierdie spesie het as 'n swerwer in Wes-Europa, die Kanariese Eilande, die Asore, Oman, Kanada en Japan voorgekom.

Dit is die eerste Europese vastelandvoël wat regoor die wêreld uitsterf. Die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) het sy status op die IUBN-Rooilys nog nie opgedateer nie, en dit was aan die einde van 2024 nog steeds gelys as kritiek bedreig.

  1. Buchanan, Graeme M.; Chapple, Ben; Berryman, Alex J.; Crockford, Nicola; Jansen, Justin J. F. J.; Bond, Alexander L. (17 November 2024). "Global extinction of Slender‐billed Curlew ( Numenius tenuirostris )". Ibis (in Engels). doi:10.1111/ibi.13368. ISSN 0019-1019.
  2. RSG Radio Nuus 19 November 2024 06:00, https://www.rsg.co.za/rsg/nuus/

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne