Durga | |
---|---|
Durga verslaan die buffeldemoon, Mahishasura. | |
Godin van Bewaring, Krag en beskerming; moedergodin | |
Devanagari | दुर्गा |
Affiliasie | Devi, Adi Parashakti, Chandi, Kaushiki, Kali |
Wapen | Chakra (diskus), shankha, drietandvurk, pyl en boog, swaard en skild, klok |
Metgesel | Shiva |
Rydier | Tier of leeu[1][2] |
Durga of Doerga (Sanskrit: दुर्गा Durgā) is ’n belangrike godin in Hindoeïsme. Sy word aanbid as ’n hoofaspek van die moedergodin, Devi, en is een van die gewildste Indiese godinne. Sy word verbind met bewaring, krag, moederskap, vernietiging en oorloë.[3][4] Haar legendes is gesentreer om gevegte teen bose geeste en demone wat vrede, vooruitgang en dharma bedreig.[3]