Dynasty | |
Genre | Komediedrama, geskoei op Dynasty, 'n TV-reeks van 1981 deur Richard en Esther Shapiro |
---|---|
Ontwikkel deur |
|
Met |
|
Temamusiekkomponis |
|
Oorsprong | VSA |
Taal | Engels |
Aantal seisoene | 5 |
Aantal episodes | 108 |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) |
|
Vervaardiger(s) |
|
Venue(s) | Atlanta, Georgia |
Kinematografie | Xavier Grobet |
Produksiemaatskappy |
|
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | The CW |
Oorspronklike lopie | 11 Oktober 2017 | – 16 September 2022
Dynasty is 'n Amerikaanse komediedramareeks vir televisie wat geskoei is op die sepie met dieselfde naam van 1981. Dit is ontwikkel deur Josh Schwartz, Stephanie Savage en Sallie Patrick.
Elizabeth Gillies speel in seisoen 1 die rol van die glansryke sakevrou Fallon Carrington, met Grant Show as haar miljardêrpa, Blake, James Mackay as haar broer Steven en Nathalie Kelley as Blake se nuwe vrou, Cristal. Robert Christopher Riley is die chauffeur Michael Culhane, Sam Adegoke is die tegniese miljardêr Jeff Colby, Rafael de la Fuente is Cristal se susterskind Sam "Sammy Jo" Jones en Alan Dale is Joseph Anders, die uitgeslape butler.
Later in die reeks kom 'n paar akteurs by, onder andere Nicollette Sheridan (later Elaine Hendrix) as Blake se eerste vrou, Alexis,[1][2] Maddison Brown as Joseph se dogter, Kirby, Ana Brenda Contreras (later Daniella Alonso) as Blake se derde vrou, Cristal, Sam Underwood as die oudste Carrington-seun, Adam,[3] Michael Michele as Blake se halfsuster, Dominique Deveraux, Adam Huber as die skrywer Liam Ridley en Eliza Bennett as die jongste Carrington-sibbe, Amanda.
Die loodsepisode, wat in September 2016 aangekondig is, is in Mei 2017 gewys. Dynasty se première was op 11 Oktober 2017 op The CW in Amerika en 'n dag later internasionaal op Netflix. In Mei 2022 is aangekondig seisoen 5 sou die laaste een wees. Die laaste episode is op 16 September 2022 gewys.