E-tol

TG001 Barbet op die N1-noord
e-skyfie-tollaan op die N1-suid by die Carousel-tolplaza, noordelike Gauteng
e-skyfie-tollaan op die N2 by George, Wes-Kaap
Suid-Afrika se besigste stede volgens die TomTom-opeenhopingsindeks[1]

e-tol verwys na die elektroniese insamelingsprosesse wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Sanral in werking gestel is om toltariewe van padgebruikers op geselekteerde tolpaaie of verkeerslane te hef, onderhewig aan die Sanral-wet van 1998. Teen 2014 was 19% van Suid-Afrika se nasionale paaie tolpaaie, en Sanral se inkomstebronne bestaan uit tolgeldinkomste en 'n toewysing uit die nasionale fiskus. Aanvanklike kapitaaluitleg vir groot projekte word ook gefinansier deur uitreiking van staatseffekte in die ope mark.[2]

Die twee vernaamste insamelingsmetodes is Valboom-elektroniese tolheffings en Opepad-tolheffings (ORT). Die stelsel is ontwerp om die R20 miljard hoofwegopgraderingprogram (GFIP) te finansier wat in 2007 ingevoer is en teen April 2011 grootliks voltooi is.[3] Opepad tolheffings is op 3 Desember 2013 in Gauteng in werking gestel[4] toe die provinsie sowat 3.5 miljoen geregistreerde voertuie gehad het.[2]

  1. "TomTom Traffic Index". tomtom.com (in Wallies). TomTom International BV. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2019. Besoek op 2 Maart 2016.
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named san
  3. "FAQs on the Gauteng eTolls". aa.co.za (in Engels). AA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2016. Besoek op 22 Augustus 2014.
  4. "E-tolls going live in Gauteng". fin24.com. 20 November 2013. Besoek op 22 Augustus 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne