EE (oorspronklik Everything Everywhere) is 'n Britse mobiele netwerk- en breëband-internetverskaffer. Dit word tans as 'n afdeling van die Britse BT Group bedryf, maar is oorspronklik in 2010 as 'n gesamentlike onderneming (50:50) deur Deutsche Telekom en France Télécom (tans Orange S.A.) gevestig toe die twee maatskappye hulle sakebelange in die Verenigde Koninkryk (VK) in 'n enkele onderneming saamgesmelt het. EE is tans die grootse mobiele netwerkverskaffer in die VK, met 27,5 miljoen klante in Oktober 2020.[1] asook die grootse verskaffer van 4G-dienste in Europa.
- ↑ "Financial results" (PDF). btplc.com. BT Group. 29 Oktober 2020. Besoek op 29 Oktober 2020.