Ed Harris

Ed Harris
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Harris in 2010 by die Toronto-rolprentfees.

Geboortenaam Edward Allen Harris
Geboorte 28 November 1950 (1950-11-28) (74 jaar oud)
Aktiewe jare 1976-tans

Edward Allen "Ed" Harris (gebeore op 28 November 1950) is ’n Amerikaanse akteur, regisseur, vervaardiger en draaiboekskrywer. Hy is veral bekend vir rolprente soos The Right Stuff (1983), The Abyss (1989), Nixon (1995), The Rock (1996), Enemy at the Gates (2001), A History of Violence (2005) en Gravity (2013).

Hy is drie keer benoem vir ’n Oscar vir beste manlike byspeler, in Apollo 13 (1995), The Truman Show (1998) en The Hours (2002). Hy is ook vir ’n Oscar vir beste akteur benoem in sy regisseursdebuut, Pollock (2000). Hy het al ’n Golden Globe gewen en in 2015 ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne