Edamkaas

Edam
Ander name  Edammerkaas
Oorsprong  Edam, Vlag van Nederland Nederland
Melkbron  Koeie, bokke
Eienskappe
Gepasteuriseer  Ja
Tekstuur  Halfhard
Massa  800-2 000 g
Vorm  Bol
Veroudering  4 weke tot 10 maande
Voedingswaarde (per 100 g)
Vetinhoud  11 g
’n Winkel met ’n verskeidenheid edamkase.

Edam(kaas) of edammerkaas is ’n halfharde kaas wat sy oorsprong in Nederland het; dit is genoem na die stad Edam in die provinsie Noord-Holland.[1] Dit word gewoonlik in ronde bolle verkoop.

Edam het ’n vaalgeel binnekant en ’n rooi buiterand van was. Dit verouder goed en raak nie bederf nie; dit word net hard. Daarom was dit tussen die 14de en 18de eeu een van die wêreld se gewildste kase, op see en in afgeleë kolonies.[2][3]

  1. Official Edam-webtuiste Touriste-inligting. Besoek op 11 April 2007
  2. Miller, Laurel; Skinner, Thalassa; Tsai, Ming (2012). Cheese For Dummies. Culture Magazine, John Wiley & Sons. pp. 209, 210. ISBN 9781118099391. Besoek op 6 Maart 2013.
  3. History of Edam Cheese Geargiveer 26 Oktober 2011 op Wayback Machine Edam.com. Besoek op 11 April 2007

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne