| |||||||
Gestig | 19 Oktober 1995[1] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Vlootgrootte | 7 (+1 op bestelling) | ||||||
Bestemmings | 52[2] | ||||||
Houermaatskappy | Swiss International Air Lines, Lufthansagroep | ||||||
Hoofkantoor | Kloten, Switserland | ||||||
Sleutelpersone | Nick Grob (Stigter) Bernd Bauer (H.U.B.) | ||||||
Werknemers | 540 | ||||||
Webwerf | edelweissair.com |
Edelweiss Air AG is 'n Switserse lugredery wat bedryf word uit Zürich Lughawe. Die maatskappy se naam is afgelei van die Switserse amptelike nasionale blom, die "edelweiss",[3] wat ook geverf is op die vliegtuie. Die lugredery is 'n volfiliaal van Swiss International Air Lines en die Lufthansagroep. Sy hoofkantoor is in die Edelweiss Air Bedryfsentrum op die eiendom van die Zürich Lughawe.