Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land (VK) | Skotland |
Koördinate | 55°56′58″N 03°09′37″W / 55.94944°N 3.16028°W |
Stigting | 7de eeu |
Stadstatus | 1889 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 259 vk km |
Hoogte bo seevlak | 41 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 506 520[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 1 828/vk km |
Tydsone | GMT / UTC+0 |
- Somertyd | BST / UTC+1 |
Lord Provost | Frank Ross (SNP) |
Amptelike webwerf | www.edinburgh.gov.uk |
Edinburg (Engels: Edinburgh, uitgespreek [ˈɛdɪnb(ə)rə], ; Skots-Gaelies: Dùn Èideann, [ˈt̪uːn ˈeːtʲən̪ˠ]; Skots: Edinburgh) is die hoofstad en tweede grootste stad van Skotland (naas Glasgow) met 'n bevolking van 506 520 in 2020. Edinburg is die sewende grootste stad in die Verenigde Koninkryk en sy tweede belangrikste toeristebestemming na Londen met sowat 13 miljoen besoekers per jaar.
Edinburg lê aan die ooskus van Skotland se sentrale vlakte en aan die suidoewer van die Firth of Forth, net wes van die Noordsee. Die stad vorm saam met die omliggende plattelandse gebiede die City of Edinburgh council area. Edinburg dien sedert 1437 as die hoofstad van Skotland en is die setel van die outonome Skotse regering en parlement. Edinburg was een van die sentrums van die Skotse Verligting, waarby die Universiteit van Edinburg 'n belangrike rol gespeel het.
Vanweë sy neo-klassieke boustyl het Edinburg reeds in die 19de eeu die bynaam "Athene van die Noorde" gekry. Die distrikte Old Town – die historiese stadskern – en New Town – 'n nuwe stadswyk wat in die tweede helfte van die 18de eeu ontstaan het om welgestelde burgers te huisves – is deur Unesco in 1995 as wêrelderfenisgebiede gelys.