Edinburgh Rugby

Edinburgh Rugby
Unie Skotse Rugbyunie
Embleem Kasteel
Stigting 1872
Stadion New Myreside, Edinburgh
Murrayfield, Edinburgh
Kapasiteit 5 500
67 800
Afrigter(s) Vlag van Engeland Richard Cockerill
Kaptein(s) Magnus Bradbury
Liga(s) Guiness Pro14
2017-’18 5de
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste wedstryde 286 Allan Jacobsen
Meeste punte 783 Chris Paterson
Meeste drieë 60 Tim Visser
Amptelike webwerf
www.edinburghrugby.org

Edinburgh Rugby, voorheen Edinburgh Reivers en Edinburgh Gunners, is een van die twee professionele rugbyspanne van Skotland. Hulle ding mee in die Guiness Pro14 en die Europese Rugbykampioenebeker.

Die oorspronklike Endinburgh Distrikklub het in 1872 hul eerste interdistrikwedstryd teen Glasgow Distrik gespeel en die wedstryd met 3-0 gewen.

Die amateurdistrik is met die koms van professionele rugby omskep in Edinburgh Rugby en het in 1996 om die Heinekenbeker begin meeding. Hul beste seisoen tot dusver was in 2011-’12 toe hulle die halfeindrondte gehaal het en naelskraap met 22-19 teen Ulster verloor het. Die die klub se kwarteindstryd teen Toulouse het vir die klub ’n rekordskare van 38 000 op Murrayfield besorg. In 2003-’04 het Edinburgh die eerste Skotse span geword om ’n kwarteindstryd te haal.[1][2][3]

In 2014-’15 het Edinburgh die eerste Skotse klub geword om een van Europa se belangrikste eindstryde te haal toe hulle in die Europese Rugbyuitdaagbeker op Twickenham Stoop teen Gloucester Rugby te staan gekom het.

Seisoenbepalings

  1. (en) http://www.ercrugby.com/eng/13_5538.php?section=4 Geargiveer 20 April 2008 op Wayback Machine
  2. "Edinburgh 33–15 Ospreys" (in Engels). BBC News. 23 Januarie 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 1 Mei 2010.
  3. "Edinburgh mik na Europese herhaling" (in Engels). BBC News. 17 Oktober 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 1 Mei 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne