Edward John Smith (* 27 Januarie 1850; † 15 April 1912) was 'n reserwe-offisier in die Britse Koninklike Vloot wat as offisier in bevel op 'n verskeidenheid passasierskepe van die White Star Line-redery gedien het. Hy het veral bekendheid verwerf as die kaptein van die noodlottige RMS Titanic en het gesterf nadat dié skip op sy nooiensvaart in April 1912 'n ysberg getref en gesink het.