Klankverskuiwinge in die Germaanse tale |
Eerste Germaanse klankverskuiwing |
Wet van Grimm |
Wet van Verner |
Tweede Germaanse klankverskuiwing |
Ingveonismes |
Met die eerste Germaanse klankverschuiving (ook die Wet van Grimm genoem) word 'n onderskeid tussen die Germaanse tale en Proto-Indo-Europees beskryf. Die klankverskuiwing word in omtrent 1822 beslissend deur Jakob Grimm uitgewerk.
Die wet van Grimm beskryf 'n reeks ooreenkomste tussen sommige plofklanke en frikatiewe van die Germaanse tale en plofklanke van ander Indo-Europese tale (Grimm gebruik meestal Latyn en Grieks as ander Indo-Europese tale). Tans word die wet van Grimm omskryf as die ontwikkeling van plofklanke uit Proto-Indo-Europees (PIE, die gesamentlike voorouer van byna alle Indiese en Europese tale) na Proto-Germaans (PGm, die gesamentlike voorouer van alle Germaanse tale). Die verskuiwing bestaan uit drie dele (hier ter wille van duidelikheid vereenvoudig weergegee):
PIE | PGm |
---|---|
*p, *t, *k | *f, *þ, *x |
PIE | PGm |
---|---|
*b, *d, *g | *p, *t, *k |
PIE | PGm |
---|---|
*bh, *dh, *gh | *b, *d, *g |
Die mees beeldende voorbeelde van hierdie klankwet word hier toegepas:
Fase | Verandering | Germaanse (verskuifde) voorbeelde | Nie-Germaanse (onverskuifde) kognate |
---|---|---|---|
1 | *p→f | Engels: foot, Afrikaans, Nederlands: voet, Duits: Fuß, Goties: fōtus, Yslands: fótur, Deens: fod, Norweegs, Sweeds: fot | Antieke Grieks: πούς (pūs), Latyn: pēs, Sanskrit: pāda Litaus: pėda |
*t→þ | Engels: third, Oudhoogduits: thritto, Goties: þridja, Yslands: þriðji | Antiek Grieks: τρίτος (tritos), Latyn: tertius, Gaelies treas, Sanskrit: tri, Litaus: trys | |
*k→h | Engels: hound, Afrikaans, Nederlands: hond, Duits: Hund, Goties: hunds, Yslands, Faroërs: hundur, Deens, Noorweegs, Sweeds: hund | Antiek Grieks: κύων (kýōn), Latyn: canis, Gaelies cú | |
*kʷ→hw | Engels: what, Goties: ƕa ("hwa"), Afrikaans, Nederlands: wat, Yslands hvað, Deens hvad | Latyn: quod, Gaelies ciod, Sanskrit ka-, kiṃ | |
2 | *b→p | Engels: peg | Latyn: baculum |
*d→t | Engels: ten, Afrikaans, Nederlands: tien, Goties: taíhun, Yslands: tíu, Deens, Noorweegs: ti, Sweeds: tio | Latyn: decem, Gaelies deich, Litaus: dešim, Sanskrit: daśan | |
*g→k | Engels: cold, Afrikaans, Nederlands: koud, Duits: kalt, Yslands: kaldur, Deens: kold, Sweeds: kall | Latyn: gelū | |
*gʷ→kw | Engels: quick, Goties: qius, Yslands: kvikur, Sweeds: kvick | Latyn: vivus 'lewendig', Grieks: βίος (bios) 'lewe', Gaelies beò 'lewend', Litaus: gyvas, guvus | |
3 | *bʰ→b | Engels: brother, Afrikaans, Nederlands: broeder, Duits: Bruder, oties: broþar, Yslands: bróðir, Deens, Sweeds: broder | Antiek Grieks: φρατήρ (phrātēr), Sanskrit: (bhrātā) Litaus: brolis Oudkerkslawies bratru |
*dʰ→d | Engels: door, Fries: doar, Afrikaans, Nederlands: deur, Goties: daúr, Yslands: dyr, Deens, Noorweegs: dør, Sweeds: dörr | Antiek Grieks: θύρα (thýra), Sanskrit: dwār, Litaus: durys | |
*gʰ→g | Engels: goose, Fries: goes, Afrikaans, Nederlands: gans, Duits: Gans, Yslands: gæs, Faroërs: gás, Deens, Noorweegs, Sweeds: gås | Antiek Grieks: χήν (khēn) | |
*gʷʰ→gw | Engels: wife, Proto-Germaans: wiban (van ou gwiban), Oudsaksies, Oudfries: wif, Oudnoors: vif, Deens, Sweeds: viv, Nederlands: wijf, Oudhoogduits: wib, Duits: Weib | Tochaars B: kwípe, Tochaars A: kip |
Hierdie "klankwet" is opvallend reëlmatig. Elke fase bevat een enkele verandering wat gelykelik van toepassing is op die labiale (= 'liprondinge') p, b, bʰ, f) en hulle gelykwaardige dentale (t, d, dʰ, þ), velare (k, g, gʰ, h) en geronde velare (kʷ, gʷ, gʷʰ, hw). Die eerste fase het die taal se foneemregister sonder stemlose plosiewe gelaat, die tweede fase het die gapings opgevul maar het 'n nuwe een geskep, en dit het so voortgegaan totdat die kettingverskuiwing sy rondte gedoen het.
Hierdie Germaanse "klankwette", gekombineer met klankverskuiwinge wat vir ander Indo-Europese tale ontdek is, maak dit moontlik om die ooreenkomstige klank in verskillende Indo-Europese tale te bepaal.
Die Germaanse *b- (die streep dui aan: woordbeginnend; die * dui aan dat dit Proto-Indo-Europees is en derhalwe hipoteties, aangesien daar geen geskrewe bronne gevind is) kom byvoorbeeld meestal ooreen met die Latynse *f-, die Griekse ph-, die Sanskritse bh-, die Slawiese, Baltiese of Keltiese b-, et cetera, terwyl die Germaanse *f- meestal ooreenkom met die Latynse, Griekse, Sanskritse, Slawiese en Baltiese p- en met niks (geen aanvanklike medeklinker) in Kelties. Die eerste stel ooreenkomste kom ooreen met die Indo-Europese *bh- en die laaste stet met die Proto-Indo-Europese *p- (verskuiwing in die Germaanse tale, verdwyn in die Keltiese tale en behou in die ander groepe hier genoem).
Daar is enkele uitsonderinge op die wet van Grimm wat in die bostaande voorbeelde buite rekening gelaat is wat reeds deur Grimm beskryf is en later deur ander taalkundiges uitgewerk is. Die mees ooglopende uitsonderinge op die wet van Grimm word deur die Deense taalkundige Karl Verner verklaar. Die wet wat die uitsonderinge beskryf staan bekend as die wet van Verner (1875).