Eiebeweging is die booghoek wat ’n ster in een jaar beweeg soos gesien van die middel van die sonnestelsel.[1] Dit word gemeet in boogsekondes per jaar, waar 3 600 boogsekondes een graad is.[2]
Die beweging is nie heeltemal eie aan die ster nie, maar sluit in ’n komponent vanweë die beweging van die sonnestelsel self.[3]
Weens die onveranderlike snelheid van lig, kan die ware beweging van verafgeleë sterre nie bepaal word nie; die oënskynlike beweging weerspieël die beweging van die ster op die tyd dat die lig van die bron uitgestraal is.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)