Ekonomie van Frankryk | ||
---|---|---|
Geldeenheid | 1 Euro = 100 eurocent | |
Fiskale jaar | Kalenderjaar | |
Handelsorganisasies | EU, WTO en OECD | |
Statistiese gegewens [1] Geargiveer 9 Augustus 2005 op Wayback Machine | ||
BBP rangorde | 6de (2006) [2] | |
BBP (nominaal) | $3 025 miljard (2018) | |
Groei van BBP | 2,1% (2018) | |
BBP per capita | $44 730 (2013) | |
BBP volgens sektore | Landbou (1,5%), nywerhede (19,4%), dienste (79,2%) (2016) | |
Inflasiekoers | 2,0% (Junie 2018) | |
Bevolking onder die broodlyn | 6,5% (2006) | |
Mannekrag | 29,62 miljoen (2012) | |
Mannekrag volgens sektore | Dienste (71,8%), nywerheid (24,3%), landbou (3,8%) (2009) | |
Werkloosheid | 9,4% (Oktober 2017) | |
Hoofnywerhede | masjienbou, chemie, motors, metaalverwerking, vliegtuie, elektroniese toerusting; tekstiele, voedselverwerking; toerisme | |
Handelsvennote
[3] Geargiveer 9 Augustus 2005 op Wayback Machine | ||
Uitvoere | $567,5 miljard (2012) | |
Handelsvennote | Duitsland 16,7%, Italië 8,4%, Spanje 7,4%, België 7,4%, Verenigde Koninkryk 6,7%, Verenigde State 5,0%, Nederland 4,3% (2011) | |
Invoere | $658,9 miljard (2012) | |
Handelsvennote | Duitsland 19,1%, België 11,3%, Italië 7,7%, Nederland 7,5%, Spanje 6,6%, Verenigde Koninkryk 5,1%, Volksrepubliek China 4,1% (2011) | |
Publieke finansies [4] Geargiveer 9 Augustus 2005 op Wayback Machine | ||
Publieke skuldlas | $1 210 miljard (2006, 64,7% van BBP) [5] | |
Staatsinkomste | $1 150 miljard (2006) | |
Staatsuitgawes | $1 211 miljard (2006) | |
Ontwikkelingshulp | $5,4 miljard (2002) | |
Met 'n nominale bruto binnelandse produk (BBP) van 2 583,6 miljard VSA-$ in 2017 (teen heersende pryse) is Frankryk naas Duitsland die voorste nywerheidsland in Europa. Dit is ook die derde grootste ekonomie na Duitsland en die Verenigde Koninkryk in Europa en die sesde grootste ter wêreld.
Die Franse ekonomie is hoogs modern en gediversifeer, met 'n goed opgeleide mannekrag. Dit word sterk beïnvloed deur die Franse owerheid se ekonomiese en industriële beleid. So bevorder die Franse staat aktief die ontwikkeling van die nywerheidsektor, bevorder innovasies en navorsing en tree as aandeelhouer van talle ondernemings op (État actionnaire). Opvallend is die oorheersende rol wat groot ondernermings in die ekonomie en as uitvoerders speel. Meer as 50 persent van die aandele aan ondernemings, wat in die Paryse Effektebeurs se CAC 40-indeks van die veertig grootste maatskappye verteenwoordig is, is in besit van buitelandse beleggers. Die sektor van klein en middelgroot ondernemings is – veral in vergelyking met die buurland en belangrikste handelsvennoot Duitsland – relatief swak ontwikkel en minder mededingend op die wêreldmark.
Franse ondernemings presteer veral in dienssektore soos die bank- en versekeringsbedrywe, IT-dienste, toerisme, lugvervoer, motors, energie, luukse goedere, farmaseutiese produkte, chemie, elektronika, landbou en voedselverwerking.
Frankryk se inkomsteverdeling (gemeet deur die Gini-koëffisiënt) is minder ongelyk as dié van ander ekonomieë. Ook die persentasie van mense onder die broodlyn bly met ses persent een van die laagste in die groot nywerheidslande en vergelyk baie gunstig met dié van die Verenigde Koninkryk (18 persent) en die Verenigde State (15 persent).