Ekonomiese ongelykheid is 'n oorkoepelende term wat verwys na inkomste ongelykheid (hoe die totale som geld wat aan mense betaal word, onder hulle verdeel word), maatskaplike ongelykheid (hoe die somtotaal van welvaart onder mense verdeel word) en verbruiksongelykheid (hoe die totale som geld wat spandeer word tussen spandeerders versprei is). Elk van hierdie kan gemeet word binne- en tussen nasies- of sub-bevolkings soos inkomstegroepe, ouderdomsgroepe, geslagsgroepe.