Ekosisteemekologie

Ekosisteemekologie is die geïntegreerde studie van lewende (biotiese) en nie-lewende (abiotiese) komponente van ekosisteme en hul wisselwerking binne die raamwerk van 'n ekosisteem. Hierdie wetenskap ondersoek hoe ekosisteme werk en bring dit in verband met hul komponente soos chemikalieë, bodemrotse, grond, plante en diere.

Ekosisteemekologie ondersoek fisiese en biologiese strukture en hoe hierdie ekosisteemeienskappe met mekaar in wisselwerking is. Uiteindelik help dit ons om te verstaan hoe om hoë gehalte water en ekonomies lewensvatbare kommoditeitproduksie te handhaaf. 'n Belangrike fokus van ekosisteemekologie is op funksionele prosesse, ekologiese meganismes wat die struktuur en dienste wat deur ekosisteme geproduseer word in stand hou. Dit sluit primêre produktiwiteit (produksie van biomassa), ontbinding, en trofiese wisselwerking in.

Studies van die werking van ekosisteme het die menslike begrip van die volhoubare produksie van veevoer, vesel, brandstof en die voorsiening van water baie verbeter. Funksionele prosesse word deur klimaat, van streeks- tot plaaslike vlak, versteuring en bestuur gemedieer. Dus verskaf ekosisteemekologie 'n kragtige raamwerk vir die identifisering van ekologiese meganismes wat in wisselwerking met globale omgewingsprobleme is, soos veral aardverwarming en die agteruitgang van oppervlakwater.

Hierdie voorbeeld verklaar verskeie belangrike aspekte van ekosisteme:

  1. Ekosisteemgrense is dikwels vaag en kan wissel met tyd
  2. Organismes in ekosisteme is afhanklik van die vlak van biologiese en fisiese prosesse van ekosisteme
  3. Aangrensende ekosisteme is in noue wisselwerking en is dikwels onderling afhanklik vir die instandhouding van die gemeenskapstruktuur en funksionele prosesse wat produktiwiteit en biodiversiteit in stand hou

Hierdie eienskappe bring ook praktiese probleme in die bestuur van natuurlike hulpbronne mee. Wie sal watter ekosisteem bestuur? Sal die kap van hout in woude sportvisvangs in riviere degradeer? Hierdie vrae is moeilik vir landbestuurders om te hanteer terwyl die grens tussen ekosisteme onduidelik bly; selfs al sal besluite in een ekosisteem die ander beïnvloed. Ons moet 'n beter begrip van die wisselwerking en onderlinge afhanklikheid van hierdie ekosisteme en die prosesse wat dit in stand hou hê voordat ons kan begin om hierdie vrae te antwoord.

Ekosisteemekologie is 'n inherent interdissiplinêre studieveld. 'n Individuele ekosisteem word saamgestel uit populasies van organismes, wisselwerking binne gemeenskappe, en bydraes tot die oordrag van voedingstowwe en die vloei van energie. Die ekosisteem is die hoofeenheid van studie in ekosisteemekologie.

Populasie, gemeenskap en fisiologiese ekologie verskaf baie van die onderliggende biologiese meganismes wat ekosisteme en die prosesse wat hulle in stand hou, beïnvloed. Vloei van energie en oordrag van stowwe op ekosisteemvlak word dikwels in ekosisteemekologie ondersoek, maar as 'n geheel word hierdie wetenskap meer deur die vakinhoud as skaal gekenmerk. Ekosisteemekologie benader organismes en abiotiese groepe van energie en voedingstowwe as 'n geïntegreerde stelsel wat dit onderskei van verwante wetenskappe soos biogeochemie.[1]

Biogeochemie en hidrologie fokus op verskeie grondliggende ekosisteemprosesse soos biologies gemedieerde chemiese oordrag van voedingstowwe en die fisies-biologiese siklus van water. Ekosisteemekologie vorm die meganiese basis vir streeks- of globale prosesse wat omring word deur landskaps- tot streekshidrologie, globale biogeochemie, en die wetenskap van die aardstelsel.[1]

  1. 1,0 1,1 Chapman, S.K., Hart, S.C., Cobb, N.S., Whitham, T.G., and Koch, G.W. (2003).

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne