Eksomaan

’n Kunstenaarsvoorstelling van die eksomaan Kepler-1625b I en sy planeet.[1]
’n Kunstenaarsvoorstelling van die stelsel MOA-2011-BLG-262.

’n Eksomaan of ekstrasolêre maan is ’n natuurlike satelliet wat om ’n eksoplaneet wentel, of om ’n ander niestellêre liggaam buite die Sonnestelsel.[2] Daar word van die voorkoms van hemelliggame in die Sonnestelsel afgelei dat natuurlike satelliete algemene elemente van planetêre stelsels is. Die meerderheid bekende eksoplanete is reuseplanete. In die Sonnestelsel het die reuseplanete groot versamelings natuurlike satelliete (sien Mane van Jupiter, Mane van Saturnus, Mane van Uranus en Mane van Neptunus). Daar kan dus redelikerwys afgelei word eksomane is net so algemeen.

Hoewel dit moeilik is om eksomane met huidige tegnieke op te spoor en te bevestig,[3] is in sendings soos Kepler ’n paar moontlike kandidate waargeneem, onder meer sommige wat habitats vir buiteaardse lewe kan wees en een om ’n moontlike weesplaneet.[2]

  1. "Hubble finds compelling evidence for a moon outside the Solar System - Neptune-sized moon orbits Jupiter-sized planet". www.spacetelescope.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Augustus 2019. Besoek op 4 Oktober 2018.
  2. 2,0 2,1 Woo, Marcus (27 Januarie 2015). "Why We're Looking for Alien Life on Moons, Not Just Planets". Wired (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2015. Besoek op 27 Januarie 2015.
  3. Kipping D. M. (2009). "Transit timing effects due to an exomoon". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 392 (3): 181–189. arXiv:0810.2243. Bibcode:2009MNRAS.392..181K. doi:10.1111/j.1365-2966.2008.13999.x.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne