Kaart | Seël |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Kalifornië |
County | Los Angeles |
Koördinate | 33°55′17″N 118°24′22″W / 33.92139°N 118.40611°W |
Stigting | 1911 |
Geïnkorporeer op | 18 Januarie 1917 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 14,15 vk km |
Hoogte bo seevlak | 35 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2010) | 16 654 |
- Bevolkingsdigtheid | 1193,9/vk km |
Tydsone | PST (UTC -8) |
Somertyd | PDT (UTC -7) |
Burgemeester | Drew Boyles |
Amptelike Webwerf | elsegundo.org |
El Segundo ("Die Tweede" in Spaans; amptelik City of El Segundo) is 'n stad volgens algemene reg[1] in die distrik Los Angeles County, Kalifornië, Verenigde State, geleë langs die Santa Monica-baai en net suid van Los Angeles se lughawe (LAX). El Segundo is op 18 Januarie 1917 geïnkorporeer en maak administratief deel uit van die South Bay Cities Council of Governments. Die stad se bevolking is in die sensus van 2010 as 16 654 bepaal.
Die nedersetting het sy ontstaan aan Standard Oil se olieraffinadery te danke wat hier in 1911 gevestig is nadat die onderneming se bestaande raffinadery in Richmond, 600 myl verder noord in die San Franciscobaai-gebied, sy maksimum-kapasiteit bereik het. Dit is tans die grootse olieraffinadery langs die Amerikaanse weskus wat deur Chevron, een van die opvolgers van die oorspronklike Standard Oil, bedryf word.[2]
Sowat 'n kwart van die stad se totale oppervlakte van byna 5,5 vierkante myl - meer as 800 akkers - word deur die raffinadery beslaan wat 'n vyfde van Suid-Kalifornië se petrol asook keroseen (stralerenjinbrandstof) vervaardig. Die keroseen word ondergronds per pyplyn na die lughawe gepomp.[3]