Elektronvolt

Die elektronvolt (simbool eV) is 'n eenheid van energie. Dit is die hoeveelheid kinetiese energie wat 'n enkele onverbonde elektron verkry as dit deur 'n elektrostatiese potensiaalverskil van een volt in 'n vakuum versnel word. In ander woorde gestel is dit gelyk aan een volt (1 volt = 1 joule per coulomb) vermenigvuldig met die lading van 'n enkele elektron.

'n Elektronvolt is 'n baie klein hoeveelheid energie:

1 eV = 1.602 176 53 e−19 J. [1] (of ongeveer 0.160 aJ)

Die elektronvolt as eenheid word deur die SI aanvaar (maar nie aangemoedig nie). Dit word algemeen gebruik in Vastetoestand-, Kern- en partikelfisika, dikwels saam met die voorvoegsels m, k, M, G of T.

Ionisasie-energieë en ander atoomeienskappe word dikwels aangehaal in terme van elektronvolt, veral in ouer tekste.

  1. Mohr, Peter J.; Taylor, Barry N. (Januarie 2005). "CODATA recommended values of the fundamental physical constants: 2002". Reviews of Modern Physics (PDF). Vol. 77. pp. 1–107. Besoek op 1 Junie 2006. 'n In diepte bespreking oor hoe die CODATA konstantes gekies en bepaal is.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne