Eliezer Wiesel | |
---|---|
![]() Wiesel in 1998 | |
Gebore | 30 September 1928 Sighet, Maramureș, Roemenië |
Sterf | 2 Julie 2016 (op 87) |
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | Elie Wiesel |
Eliezer Wiesel (Hebreeus: אֱלִיעֶזֶר וִיזֶל}} ʾĔlîʿezer Vîzel;[1][2] 30 September 1928 – 2 Julie 2016) was 'n Roemeensgebore Amerikaanse Jood, skrywer, professor, politieke aktivis, Nobelprysontvanger en Holocaustoorlewende. Hy was die skrywer van 57 boeke, merendeels in Frans en Engels, insluitende Night, 'n werk gebaseer op sy ervaring as gevangene in die Auschwitz- en Buchenwald-konsentrasiekampe.[3]
Tesame met sy skryfwerk was hy ook professor van Lettere en Wysbegeerte aan Boston-universiteit, welke die Elie Wiesel Sentrum vir Joodse Studies gestig het. Hy was betrokke by Joodse bewegings en het bygedra om die Holocaust Gedenkmuseum van die Verenigde State in Washington, D.C. te stig. Wat sy politieke aktiwiteite betref het hy ook veldtogte gehou vir die slagoffers van onderdrukking in plekke soos Nicaragua, Kosovo, en oorloggeteisterde Darfoer in Soedan. Hy het in die openbaar die 1915 Armeense volksmoord veroordeel en 'n sterk verdediger van menseregte gedurende sy leeftyd gebly. Hy is beskryf as "die belangrikste Jood in Amerika" deur die Los Angeles Times.[4]
Die Nobelprys vir Vrede is in 1986 aan Wiesel toegeken, by welke geleentheid die Noorweegse Nobelkomitee hom 'n "boodskapper aan die mensdom" genoem het en dat Wiesel, deur sy stryd om vrede te maak met "sy eie persoonlike ondervindinge van totale vernedering en die uiterste minagting vir menslikheid soos ten toon gestel is in Adolf Hitler se doodskampe", sowel as sy praktiese werk in vredesake 'n boodskap "van vrede, versoening en menslike waardigheid" aan die mensdom gelewer het.[5] Hy was 'n stigterslid van die New York Menseregte-stigting en het deur sy leeftyd daarby betrokke gebly.[6][7]
<ref>
tag; no text was provided for refs named dss