Elisabeth Schwarzkopf | |
---|---|
![]() Schwarzkopf tussen ca. 1948 en 1958 tydens die Musikfestwochen in Luzern | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Olga Maria Elisabeth Frederike Schwarzkopf |
Gebore | 9 Desember 1915 |
Sterf | 3 Augustus 2006 |
Genres | Romantiek, moderne |
Beroep(e) | Sangeres |
Instrumente | Stem (Sopraan) |
Jare aktief | 1938-1979 (as sangeres) |
Etikette | EMI e.a. |
Dame Olga Maria Elisabeth Friederike Schwarzkopf, DBE (9 Desember 1915 – 3 Augustus 2006) was 'n Duits-Britse sopraan. Sy was een van die voorste sangers van die Lieder, en was bekend vir haar opvoerings van Weense operette, sowel as die operas van Wolfgang Amadeus Mozart, Richard Wagner en Richard Strauss.[1][2]Nadat sy afgetree het, was sy internasionaal as 'n gerekende stemonderwyser bekend. Sy word beskou as een van die grootste soprane van die 20ste eeu.[3]