Embeth Davidtz | |
![]() | |
Geboortenaam | Embeth Jean Davidtz |
---|---|
Geboorte | 11 Augustus 1965 Lafayette, Indiana, VSA |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1989 – huidig |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Embeth Davidtz (gebore 11 Augustus 1965) is 'n Afrikaans- en Engelstalige aktrise. Sy is bekend vir die rol van Tessa in die P.G. du Plessis-film, Nag van die negentiende asook vir die talle Engelse rolprente waarin sy gespeel het.
Davidtz is op 11 Augustus 1965 in Lafayette, Indiana, VSA gebore, maar trek op 'n jong ouderdom na Suid-Afrika. Sy studeer aan die Rhodes-universiteit waar sy haar graad verwerf. As volwassene keer sy terug na die Verenigde State en begin haar loopbaan as aktrise. Haar eerste rol was by die National Theatre Company in Romeo and Juliet, waarvoor sy goeie kritiek ontvang. Daarna verhuis sy na Los Angeles, waar sy begin met kleiner rolle in NBC-films.
Op 22 Junie 2002 trou sy met Jason Sloane. Haar seun, Asher is op 7 Oktober 2005 gebore en haar dogter, Charlotte Emily, in 2002.