Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede |
---|---|---|---|
Karboon | Mississippium | Tournaisium | jonger |
Devoon | Laat | Famennium | 372,2–358,9 |
Frasnium | 382,7–372,2 | ||
Middel | Givetium | 387,7–382,7 | |
Eifelium | 393,3–387,7 | ||
Vroeg | Emsium | 407,6–393,3 | |
Pragium | 410,8–407,6 | ||
Lochkovium | 419,2–410,8 | ||
Siluur | Pridolium | geen gedef. | ouer |
Die verdeling van die Devoon (IKS). |
Die Emsium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Devoon. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die Emsium was van 407,6 tot 393,3 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Pragium-etage/tydsnede en gevolg deur die Eifelium.