Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Enalapril, onder andere verkoop onder die naam Vasotec, is 'n medikasie vir die behandeling van hoë bloeddruk, diabetiese niersiekte en hartversaking.[1] Vir hartversaking word dit oor die algemeen met 'n diuretikum soos furosemied gekombineeer.[2] Dit word per mond of inspuiting in 'n aar toegedien. Effekte neem gewoonlik 'n aanvang binne 'n uur na per mond geneem en duur tot 'n dag lank voort.
Algemene newe-effekte sluit hoofpyn, moegheid, lighoofdigheid wanneer opstaan en hoes in. Ernstige newe-effekte sluit angioedema en lae bloeddruk in. Daar word vermoed dat gebruik tydens swangerskap tot skade aan die baba mag lei. Dit is in die angiotensien-omskakeling-ensiem-inhibeerder (ACEi) familie van medikasie.
Enalapril is in 1978 gepatenteer en word medies gebruik sedert 1984.[3] Dit is op die WGO se Lys van Noodsaaklike Medisyne, die mees doeltreffende en veilige medisyne wat nodig is in 'n gesondheidsorgstelsel.[4] Die groothandelprys in die ontwikkelende wêreld is 0.08 tot 0.80 dollar per maand.[5] In die Verenigde State kos dit sowat 25 tot 50 USD per maand.[6]