Encephalartos

Broodbome
Encephalartos
Vroulike Encephalartos lebomboensis
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Encephalartos

Spesies

Sien teks.

Geografiese verspreiding van die genus Encephalartos

Encephalartos, die broodbome, is 'n genus van diësiese (d.w.s. aparte manlike en vroulike individue) naaksadiges in die broodpalmfamilie Zamiaceae. Die genus is endemies aan tropiese, subtropiese en suidelike Afrika, maar is afwesig in Madagaskar. Benewens die monotipiese genus Stangeria wat voor filogenetiese ontledings by Stangeriaceae gereken is, is dit die enigste ander genus van sikadeë wat inheems aan Suid-Afrika is.[nota 1] Die genus bestaan uit altesaam 68 spesies waarvan 37 inheems aan Suid-Afrika is.[1] Sowat 22 van die Suider-Afrikaanse spesies kan boomgrootte bereik,[2] waarvan die grootste spesies 10 tot 13 meter hoog kan word.[nota 2] Die genusnaam is afgelei van die Griekse woorde en (binne), kephalē (kop), en artos (brood), wat verwys na die gebruik van die boonste stammurg (medulla) vir voedsel. Alle dele van die plante is potensieël giftig of selfs dodelik, maar die toksiene kan deur sekere prosesse verwyder word.

Al die spesies word bedreig, en sommige word kritiek bedreig weens hul eksploitasie deur plant- en muti-versamelaars.[3] Die hele genus word onder CITES Bylaag I gelys wat internasionale handel in eksemplare van hierdie spesies verbied, behalwe vir sekere nie-kommersiële motiewe, waaronder wetenskaplike navorsing.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named bos1
  2. Van Wyk, Braam; Van Wyk, Piet (2013). Veldgids tot Bome van Suider-Afrika (2de uitg.). Suid-Afrika: Penguin Random House. p. 33. ISBN 1-77584-106-5.
  3. Schmidt, Ernst; Lötter, Mervyn; McCleland, Warren (2002). Trees and shrubs of Mpumalanga and Kruger National Park. Johannesburg: Jacana. p. 46. ISBN 9781919777306.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne