Die witkwasjakkals is endemies aan Sentraal- en Suider-Afrika.
Endemie, in 'n wye sin, kan beteken "om te behoort aan" of "inheems aan", "kenmerk van" of "wydverspreid" in 'n spesifieke geografiese gebied, rasseverspreiding, veld, streek of omgewing; inheems aan 'n streek of strekking.
In ekologie is 'n "endemiese" organisme een wat eksklusief inheems aan 'n plek of biota is. Dit is in kontras met vele terme wat "nie inheems" beteken, soos eksoties, indringer, ens. Sien endemies (ekologie).
In epidemiologie word 'n infeksie "endemies" in 'n bevolking genoem wanneer daardie infeksie onderhou word in die bevolking sonder dat enige eksterne invloede nodig is. Sien endemies (epidemiologie).
Dit is ’n dubbelsinnigheidsbladsy dié: ’n lys van artikels wat met dieselfde titel verbind word. As ’n interne skakel u hierheen gelei het, kan u gerus daardie skakel verander sodat dit direk na die gewenste artikel wys.