Energiekrisis

'n Energiekrisis is 'n groot tekort (of drastiese prysverhoging) in die verskaffing van energie aan 'n ekonomie. Die term verwys normaalweg na die tekort aan olie, elektrisiteit of ander natuurlike hulpbronne. Die krisis het dikwels 'n impak op ander dele van die ekonomie en baie resessies is al veroorsaak deur 'n energiekrisis van die een of ander aard. Wanneer die produksiekoste van elektrisiteit byvoorbeeld styg, sal vervaardigingskoste daarmee saam styg wat hoë verbruikerskoste in die hand werk en die verbruiker se besteebare inkomste verminder. Die vermindering in besteding het 'n negatiewe impak op ondernemings wat dan kan lei tot skaarser werksgeleenthede en verdere verminderings in sakevertroue.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne