Engelse Wikipedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Engels |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Opgerig | 15 Januarie 2001 |
Huidige status | Aktief |
URL | en.wikipedia.org |
Die Engelse weergawe van Wikipedia was die eerste uitgawe van hierdie aanlynensiklopedie en is op 15 Januarie 2001 begin.[3] Na omtrent vyf jaar is die miljoenste artikel in Maart 2006 geskep. Hiermee laat hulle die ander Wikipedias, soos die Duitse, Franse en die Nederlandse Wikipedias, ver agter.[4] Slegs een-en-'n-halfjaar later, op 9 September 2007 bereik die Engelstalige Wikipedia reeds hulle tweemiljoenste artikel, op 17 Augustus 2009 hulle driemiljoenste artikel, op 13 Julie 2012 hulle viermiljoenste artikel, op 1 November 2015 hulle vyfmiljoenste artikel en op 23 Januarie 2020 hulle sesmiljoenste artikel.
Die Simple English Wikipedia (simplewiki) is 'n variasie waarin die meeste artikels slegs van basiese Engelse woordeskat gebruik maak. Daar is ook die Ou-Engelse (Ænglisc/Angelsaksiese) Wikipedia (angwiki), sowel as 'n toets of "broeikas"-weergawe vir die Middel-Engelse Wikipedia (emmwiki).