Enid Blyton | |
---|---|
![]() Boeke wat sy geskryf het. | |
Gebore | Enid Mary Blyton 11 Augustus 1897 East Dulwich, Suid-Londen |
Sterf | 28 November 1968 Hampstead, Londen |
Bynaam | Mary Pollock |
Beroep | Skrywer, digter, onderwyser |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Genre | Kinderboeke |
Noemenswaardige werke | Noddy, Famous Five, Secret Seven |
Enid Blyton (1897–1968) was ’n Britse skrywer van kinderboeke. Sy is veral bekend vir haar reekse oor Knikkie (Noddy), die Famous Five en Secret Seven. Sedert die 1930's is meer as 600 miljoen eksemplare van haar boeke verkoop. Hoewel sy lank gelede oorlede is, is haar werk steeds gewild by kinders.[1][2]
Blyton se werk bestaan onder andere uit boekreekse met terugkerende karakters vir verskillende ouderdomsgroepe. Haar boeke is verbeeldingryk, maar gewoonlik sonder towerkuns. Die boeke is in bykans 90 tale vertaal en is veral gewild in lande soos Engeland en Australië.