Enoema Elisj

Mardoek, die god van Babilon, vernietig Tiamat, die draak van die oerchaos.

Die Enoema Elisj (Akkadiese wigskrif: 𒂊𒉡𒈠𒂊𒇺, Enūma Eliš) is die Babiloniese skeppingsmite (wat genoem is na die openingswoorde). Dit is in 1849 deur die Engelse argeoloog Austen Henry Layard in fragmente ontdek in die ruïnes van die Biblioteek van Assurbanipal in Nineve (Mosoel, Irak). 'n Vorm van die mite is in 1876 die eerste keer deur die Engelse Assirioloog George Smith gepubliseer. Aktiewe navorsing en nog uitgrawings het gelei tot die ontdekking van die byna volledige teks en 'n beter vertaling.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne