Eoraptor

’n Vergelyking tussen die grootte van ’n mens en ’n Eoraptor.

Eoraptor
Tydperk: Laat Trias 231.4 m. jaar gelede
’n Replika van ’n skelet in Japan.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Genus:
Eoraptor

(Sereno et al., 1993)
Bionominale naam
Eoraptor lunensis
Eoraptor
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Klade: Eusaurischia
Genus: Eoraptor
Spesie: E. lunensis

Eoraptor was een van die wêreld se eerste dinosourusse en het sowat 231,4 miljoen jaar gelede geleef,[1] tydens die laaste deel van die Trias-periode in Wes-Gondwana (nou die noordweste van Argentinië). Dit was ’n klein, ligte tweevoetige Saurischia van sowat ’n meter lank en naby verwant aan die voorsate van beide teropodes en souropodomorfe.[2]

Toe dit in 1993 vir die eerste keer beskryf is, is dit beskou as een van die vroegste, indien nie die vroegste nie, bekende dinosourus. Eoraptor het heterodonte tande gehad, wat daarop dui dat dit allesvretend was en dat dié vreetstrategie vroeg al in dinosourusse ontwikkel het.

  1. Alcober, Oscar A.; and Martinez, Ricardo N. (2010). "A new herrerasaurid (Dinosauria, Saurischia) from the Upper Triassic Ischigualasto Formation of northwestern Argentina". ZooKeys. 63 (63): 55–81. doi:10.3897/zookeys.63.550. PMC 3088398. PMID 21594020. [1]
  2. Apaldetti, C; Martinez, RN; Alcober, OA; Pol, D (2011). "A New Basal Sauropodomorph (Dinosauria: Saurischia) from Quebrada del Barro Formation (Marayes-El Carrizal Basin), Northwestern Argentina". PLoS ONE. 6 (11): e26964. doi:10.1371/journal.pone.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne