In hierdie artikel word die Epiese teaterbeweging bespreek as 'n onderwerp van die dramatiese kunste. Die hoofspelers in die ontstaan van hierdie teaterstyl is Grotovski, Brecht, Piscator en Meyerhold. Die hoofeienskap van Epiese teater is dat dit die gehoor emosioneel sowel as rasioneel wil betrek. Dit word gedoen deur direkte kommunikasie met die gehoor en die afskaffing van konvensies soos gordyne en die feit dat tegniese aanpassings op die verhoog nou mag gesien word. Die Epiese teaterskryfstyl se storielyn word nie altyd in volgorde aangebied nie, maar daar word rondgespring in tyd en milieu. Dekor en rekwisiete suggereer net tonele en word minimalisties gebruik.