Epiphanius van Salamis

Epiphanius van Salamis

Biskop van Salamis (Sprus), Orakel van Palestina
Gebore omstreeks 310–320, Judea
Feesdag 12 Mei[1]
17 Pashons (Koptiese Ortodoksie)

Epiphanius van Salamis (Oudgrieks: Ἐπιφάνιος; omstreeks 310–320 – 403) was die biskop van Salamis, Siprus, aan die einde van die 4de eeu. Hy word deur beide die Oosters-Ortodokse en Rooms-Katolieke kerke as 'n heilige en kerkvader beskou. Hy was 'n kranige verdediger van die ortodoksie. Hy is veral bekend vir die skryf van die Panarion, 'n samevatting van tagtig dwaallere, wat ook heidense gelowe en filosofiese denkrigtings ingesluit het.[2] Daar was baie omstredenheid oor hoeveel van die aanhalings wat deur die Bisantynse Ikonoklaste aan hom toeskryf is werklik deur hom was. Ongeag hiervan was hy duidelik gekant teen sommige gebruike van beelde in die kerk in sy eie tyd.[3]

  1. (in Grieks) Ὁ Ἅγιος Ἐπιφάνιος Ἐπίσκοπος Κωνσταντίας καὶ Ἀρχιεπίσκοπος Κύπρου. 12 Μαΐου. ΜΕΓΑΣ ΣΥΝΑΞΑΡΙΣΤΗΣ.
  2. Vallée, Gerard (1981). A Study in Anti-Gnostic Polemics (in English). Wilfried Laurier University Press. pp. 97ff. ISBN 978-0919812147.{{cite book}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
  3. Kitzinger, 92–93, 92 aangehaal

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne