Equipe Ligier

Equipe Ligier is 'n Franse motorsportspan, veral bekend vir sy Formule Een-span wat van 1976 tot 1996 aan die sport deelgeneem het. Die span is in 1968 deur die voormalige Franse rugbyspeler Guy Ligier gestig as 'n vervaardiger van sportmotors.[1] [2]

Na sy uittrede uit wedrenne ná die dood van sy vriend Jo Schlesser, het Guy Ligier besluit om sy eie span te stig en het die ingenieur Michel Tétu 'n sportmotor met die naam JS1 (voorletters van Schlesser) laat ontwikkel. Die JS1 met 'n Cosworth-kragbron, het in 1970 by Albi en Monthlery gewen, maar by die Le Mans en Tour Automobile de France uitgeval. [3]

Vir 1971 het Ligier die JS1 tot die JS2 en JS3 ontwikkel. Die JS2 is gehomologiseer vir padgebruik en het 'n Maserati V6-enjin gebruik, terwyl die JS3 'n oopdaksportprototipe was wat aangedryf is deur 'n Cosworth DFV V8-enjin. Die JS3 het in 1971 by Monthlery gewen, maar kon nie die minimumafstand vir Le Mans voltooi nie. Daarom is dit gestaak,[4] en Ligier het die Cosworth DFV in die JS2-padmotor geïnstalleer en in 1975 algeheel tweede by Le Mans geëindig.[5] Guy Ligier het daarna sy pogings na Formule Een verskuif.

  1. "GP Encyclopedia – Constructors – Ligier (Equipe Ligier)" (in Engels). Grandprix.com. 10 Maart 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Julie 2019. Besoek op 24 Oktober 2009.
  2. "Corporate". Ligier.fr (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2015. Besoek op 1 Augustus 2014.
  3. "1969 – 1970 Ligier JS1 – Images, Specifications and Information" (in Engels). Ultimatecarpage.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2014. Besoek op 24 Oktober 2009.
  4. "1971 Ligier JS3 Cosworth – Images, Specifications and Information" (in Engels). Ultimatecarpage.com. 23 November 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2019. Besoek op 24 Oktober 2009.
  5. "Le Mans Register – 1975" (in Engels). Formula2.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2017. Besoek op 24 Oktober 2009.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne