Equisetaceae

Equisetaceae
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Equisetum

Die Equisetaceae Rich. ex DC. is 'n familie van varingagtige plante.

Hierdie familie is taamlik oud en is reeds bekend in die Devoon van meer as 300 miljoen jaar gelede. Die verwantskap met ander varingagtiges is nie duidelik nie. Kenmerkend is die hoë silikaatgehalte van die plant wat die selwande van die epidermis versterk.

Die familie bevat een genus:

  1. Equisetum L.

Die genus het ongeveer 15 spesies wat behalwe in Australië en Nieu-Seeland oor die hele wêreld voorkom. [1]

In Suider-Afrika word die perdestert Equisetum ramosissimum aangetref

  1. Swaziland ferns and fern allies J.P. Roux 2003 ISBN 1-919795-97-9

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne