Erektiele disfunksie

Erektiele disfunksie
Ander nameImpotensie
SpesialiteitUrologie, andrologie
SimptomeOnvermoë om 'n ereksie te kry of handhaaf
OorsakeLae testosteroonvlakke,[1][2] sekere voorskrifmedisyne,[3][4] neurogeniese sindrome,[3][4][5][2] ens.
RisikofaktoreHartbloedvatsiektes, diabetes, rook, stres,[6] geestesteurings,[6] ouderdom,[1] dieet met baie versadigde vette,[7][8] niersiekte[9]
Diagnostiese metodeHang af of die aard fisiologies of psigologies is
BehandelingBehandeling van onderliggende oorsake, medisyne, penispomp,[10] berading (psigologiese behandeling)[11]
MedikasieSildenafil, [12]prostaglandien, inplantate, ens.
Mediese waarskuwing

Erektiele disfunksie (afgekort as ED) of impotensie is ’n seksuele disfunksie wat gekenmerk word deur ’n onvermoë om ’n ereksie te kry of te behou wat styf genoeg is vir seksuele bedrywighede.[13] ’n Ereksie is die hidrouliese effek van bloed wat in die sponsagtige dele van die penis opgeneem en behou word. Die proses word gewoonlik meegebring deur seksuele stimulasie, wanneer prikkels van die brein na die senuwees in die penis gestuur word. Erektiele disfunksie is die algemeenste seksuele probleem by mans en kan psigologiese stres veroorsaak weens die invloed daarvan op die selfbeeld en seksuele verhoudings.

Die meeste gevalle word toegeskryf aan voorspelbare en fisieke risokofaktore. Dit kan ingedeel word in vaskulêre, neurologiese en hormonale probleme, asook dié wat deur dwelms veroorsaak word of in die penis self voorkom. Belangrike voorspelbare faktore sluit in ouderdom, hartbloedvatsiektes, diabetes, hoë bloeddruk, obesiteit, abnormale lipiedvlakke in die bloed, hipogonadie (die onvoldoende funksionering van die geslagskliere), rook, depressie en die gebruik van voorskrifmedisyne. Sowat 10% van gevalle word verbind met sielkundige faktore, wat toestande soos depressie, stres en verhoudingsprobleme insluit.[14]

Dit is belangrik om daarop te let dat die term "erektiele disfunksie" nie ander ereksieverwante probleme soos priapisme insluit nie.

Behandeling sluit in om die onderliggende probleme en psigososiale kwessies te behandel en leefstylveranderings.[4] In baie gevalle word medisynegebaseerde terapieë gebruik, veral 'n vasodilator ('n stof wat bloedvate verwyd) soos sildenafil.[12] Dié middels help bloedvloei aan na die sponsagtige vesel van die penis. Ander, minder algemene behandelings sluit in pille van prostaglandiene (hormoonagtige chemiese stowwe) wat in die urinebuis gedruk word, die inspuiting van 'n spierverslapper van die gladde spiere regstreeks in die penis, penisinplantate en die gebruik van penispompe.[4][15]

Erektiele disfunksie kom na berig word voor in 18% van mans tussen die ouderdomme van 50 en 59, en in 37% van mans tussen 70 en 75.[14]

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Gokce
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ed-biotapublishing
  3. 3,0 3,1 Cunningham GR, Rosen RC. "Overview of male sexual dysfunction". In: UpToDate, Martin KA (red.), UpToDate, Waltham, MA, 2018.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named LMCC
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named booksexualdisfunction
  6. 6,0 6,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named health.am
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named dietcauseerectiledysfunction
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named erectandheartdisease
  9. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Papa
  10. "Erectile Dysfunction". The Lecturio Medical Concept Library. Besoek op 21 Julie 2021.
  11. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named :0
  12. 12,0 12,1 Vardi M, Nini A (Januarie 2007). "Phosphodiesterase inhibitors for erectile dysfunction in patients with diabetes mellitus". The Cochrane Database of Systematic Reviews. 2009 (1): CD002187. doi:10.1002/14651858.CD002187.pub3. PMC 6718223. PMID 17253475.
  13. Erectile dysfunction glossary – MUSC Health
  14. 14,0 14,1 Rosen, RC; Khera, M (2023). "Epidemiology and etiologies of male sexual dysfunction". In O'Leary, MP; Cummingham, GR (reds.). UpToDate. Post, TW. Waltham, MA: UpToDate.
  15. Montague DK, Jarow JP, Broderick GA, Dmochowski RR, Heaton JP, Lue TF, Milbank AJ, Nehra A, Sharlip ID (Julie 2005). Smith J Jr (red.). "Chapter 1: The management of erectile dysfunction: an AUA update". The Journal of Urology. Elsevier. 174 (1): 230–39. doi:10.1097/01.ju.0000164463.19239.19. ISSN 1527-3792. PMID 15947645. S2CID 1761196.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne