Erfenisdag (Suid-Afrika)

Die dag staan ook as Nasionale Braaidag bekend.

Erfenisdag is 'n openbare vakansiedag wat jaarliks op 24 September in Suid-Afrika gedenk word. Voor 1994 was dié dag as Shakadag bekend, waartydens die Zoeloes hulle koning herdenk het. Ná demokrasie-wording is dit omskep in 'n dag waarop alle kulture hulle eie erfenis kan herdenk. Dit het egter gou as Braaidag bekend geraak.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne