Eric Whitacre | |
---|---|
![]() Whitacre dirigeer in 2009 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Eric Whitacre |
Gebore | 2 Januarie 1970 Reno, VSA |
Beroep(e) | Komponis, dirigent, dosent |
Webwerf | ericwhitacre.com |
Eric Whitacre (2 Januarie 1970) is 'n Amerikaanse komponis, dirigent en dosent. Hy is een van die mees gewilde en uitgevoerde komponiste van sy generasie.[1][2] In 2008 het die CD wat slegs koorwerke van Whitacre bevat (opgeneem deur die Britse ensemble Polyphony) 'n internasionale topverkoper geword, eerste op die klassieke trefferlyste geëindig en 'n Grammy-nominasie gekry. Robert Hollingworth het opgemerk: "wat jou tussen die oë slaan is die eerlikheid, optimisme en loutere geloof wat enige aanmatiging verbygaan. Dit is musiek wat jou werklik kan laat glimlag."[3] Whitacre se Virtuele Koor-projekte op YouTube het sy musiek aan 'n nuwe gehoor blootgestel.[4][5] Whitacre het 'n langtermyn platekontrak met Decca geteken in 2010 en werk steeds aan sy bekroonde musiekblyspel Paradise Lost. 'n Verkorte konsertweergawe is in 2010 in die Carnegiesaal gehou.[6]