Ernest Brown Babcock (10 Julie 1877 – 8 Desember 1954) was 'n plantgenetikus van die Verenigde State, wat 'n pionier was vir die begrip van plantevolusie in terme van genetika.[1] Hy is veral daarvoor bekend dat hy gepoog het om deur veldondersoeke en uitgebreide eksperimente, die hele poliploïede apomiktiese genus Crepist (waarin hy 196 spesies onderskei het) te probeer verstaan.[2]Hy het meer as 100 artikels en boeke tydens sy loopbaan gepubliseer wat plantgenetika verduidelik, waaronder die seminale handboek (met Roy Elwood Clausen) "Genetics in relation to agriculture".[3]
Die standaard skrywer afkorting Babc. word gebruik om hierdie persoon as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.