Ernst Boris Chain

Ernst Boris Chain
Ernst Boris Chain in 1945

Gebore (1906-06-19)19 Junie 1906
Berlyn, Duitse Keiserryk
Oorlede 12 Augustus 1979 (op 73)
Castlebar, Republiek Ierland
Burgerskap Vlag van Duitsland Duitsland (1906–1933)
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (1933–1979)
Vakgebied Biochemie
Instelling(s) Imperial Kollege in Londen
Universiteit van Cambridge
Universiteit van Oxford
Istituto Superiore di Sanità
Alma mater Friedrich Wilhelm Universiteit
Bekend vir die ontdekking van penisillien
Toekennings Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde (1945)

Sir Ernst Boris Chain (19 Junie 190612 Augustus 1979) was 'n Britse biochemikus hoewel 'n Duitse boorling wat saam met die geneesheer Howard Florey die eerste was om penisillien in suiwer vorm voor te berei sodat dit terapeuties as antibiotika gebruik kon word. Alhoewel penisillien nie 'n universele kuur is nie, is die genesing van die infektiewe siektes waarop dit wel van toepassing is, so ongelooflik dat dit nogtans gereken word as een van die twintigste eeu se belangrikste mediese ontdekkings. Chain en Florey is in 1945 beloon vir hul deursettingsvermoë. Hulle het saam met Alexander Fleming, die toevallige ontdekker van penisillien, die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde ontvang.[1] Chain is ook in 1969 tot ridder geslaan.

  1. "The Nobel Prize in Physiology or Medicine 1945" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2018. Besoek op 4 Februarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne