Eschborn | |
---|---|
Stad | |
Die stadsilhoeët van Eschborn | |
Ligging in die deelstaat Hesse | |
Koördinate: 50°08′N 08°35′O / 50.133°N 8.583°O | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Hesse |
Administratiewe streek | Darmstadt |
Administratiewe distrik | Main-Taunus-Kreis |
Stadstatus | 1970 |
Regering | |
• Burgemeester | Adnan Shaikh (CDU)[2] |
Oppervlak | |
• Totaal | 12,14 km2 (4,69 vk. myl) |
Hoogte | 138 m (453 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 21 228[1] |
• Digtheid | 1 748/km2 (4 530/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+2:00 (MEST) |
Poskode | 65760 |
Skakelkodes | 06196, 06173 |
Webwerf | www.eschborn.de |
Eschborn is 'n stad in die distrik Main-Taunus-Kreis van die Duitse deelstaat Hesse met 'n bevolking van sowat 21 000. Die stad is in die metropolitaanse gebied van Frankfurt am Main geleë en grens in die noorde aan Kronberg im Taunus en Steinbach (Taunus), in die ooste en suide aan Frankfurt en in die weste aan Schwalbach am Taunus.
Nog tot die einde van die 19de eeu was Eschborn 'n klein nedersetting in die Vordertaunus, 'n streek in die Taunus-bergreeks van Suid-Hesse. Sy bloeitydperk het met die bou van 'n spoorlyn tussen Frankfurt en Kronberg in 1874 begin. Die bevolking het in die volgende eeu vertiendubbel. In 1970 het Eschborn stadstatus gekry, en twee jaar later is die stad met die naburige Niederhöchstadt saamgesmelt.
Vanaf die 1960's het die plaaslike owerheid die vestiging van ondernemings in Eschborn bevorder en van die stad een van die aantreklikste en welvarendste sakegebiede in Duitsland gemaak - met 'n stadshorison wat deur groot kantoorgeboue oorheers word. Vandag is daar meer as 30 000 werkgeleenthede in Eschborn. Selfs die meeste medewerkers van Frankfurt se Effektebeurs het hul kantore intussen in Eschborn, al bly Frankfurt die amptelike setel van die beurs.