Eta Aquarides

Eta Aquarides
Ontdekking  1870[1]
Moederliggaam  Halley se Komeet[1]
Uitstralingspunt
Sterrebeeld  Waterdraer
Regte klimming  22h 20m
Deklinasie  -01°
Eienskappe
Voorkoms  21 April – 20 Mei
Hoogtepunt  6 Mei
Spoed  66 km/s
Sterre per uur  Maksimum 30[1]

Die Eta Aquarides is ’n meteoorreën wat met Halley se Komeet verbind word. Dit is elke jaar van omstreeks 21 April tot 20 Mei te sien, met sy hoogtepunt op 6 Mei. Anders as die meeste ander jaarlikse reëns is daar nie ’n skerp toename nie, maar eerder ’n redelike tempo wat oor ’n week strek, rondom sy hoogtepunt.[2] Die meteoroïdes wat verantwoordelik is vir die Eta Aquarides het honderde jare gelede van Halley se Komeet afgeskei. Die komeet se huidige wentelbaan is te ver van die Aarde af om ’n bron van meteore te wees.[2]

  1. 1,0 1,1 1,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Kronk
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named AMS2013

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne