Eta Carinae A / B | ||||
![]() | ||||
’n Hubble-foto van die Homunculus-newel, wat Eta Carinae omring. | ||||
Sterrebeeld | Kiel | |||
Spektraaltipe | F:I pec e[1] / O[2] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 10h 45m 03.591s[3] | |||
Deklinasie | −59° 41′ 04.26″[3] | |||
Skynmagnitude (m) | −0,8 tot 7,9[4] | |||
Absolute magnitude (M) | -7 | |||
B-V-kleurindeks | 0,61[5] | |||
U-B-kleurindeks | -0,45[5] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 120 / 30 | |||
Radius (R☉) | ~240 / 24 | |||
Ligsterkte (L☉) | 5 miljoen / <1 miljoen[2] | |||
Ouderdom (jaar) | <3 × 106[2] | |||
Temperatuur (K) | 9 400 | |||
Afstand (ligjaar) | 7 500 | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Helder blou veranderlike | |||
Ander name | ||||
Foramen, Tseen She, 231G Carinae, HR 4210, CD−59°2620, HD 93308, SAO 238429, WDS 10451-5941, IRAS 10431-5925, GC 14799, CCDM J10451-5941 | ||||
|
Eta Carinae, of η Car, is ’n sterstelsel wat minstens twee sterre bevat. Dit is sowat 7 500 ligjare van die Aarde af in die rigting van die sterrebeeld Kiel (Carina) en is lid van ’n oop sterreswerm in die veel groter Carina-newel.
Eta Carinae is ’n ster wat altyd sigbaar is suid van breedtegraad 30°S, maar nooit bo 30°N nie. Dit is aanvanklik aangeteken as ’n ster van die 4de magnitude en die tweede helderste ster in die lugruim, voordat dit verdof het totdat dit nie meer met die blote oog sigbaar was nie; daarna het dit weer verhelder en is nou weer ’n 4de-magnitude-ster.