Ethernet

Internet- en netwerkprotokolle
Toepassingvlak: DNS  FTP  Gopher  HTTP  HTTPS  IMAP  IRC  NNTP  POP3  RTP  SIP  SMTP  SNMP  SSH  SSL  Telnet  UUCP  XMPP
Versendvlak: DCCP  SCTP  TCP  UDP
Netwerkvlak: ARP  ICMP  IGMP  IP(IPv4, IPv6RARP
Dataskakelvlak: ATM  Ethernet  FDDI  PPP  Token ring  Wi-Fi
volgens die TCP/IP-model

Ethernet is ’n groep rekenaarnetwerktegnologieë wat algemeen gebruik word in lokale-area-netwerke (LAN), metropolitaanse-area-netwerke (MAN) en wye-area-netwerke (WAN).[1] Dit is in 1980 kommersieel bekend gestel en in 1983 die eerste keer gestandaardiseer as IEEE 802.3. Dit is sedertdien verfyn om hoër bistempo's en langer verbindingsafstande te ondersteun. Ethernet het mettertyd die mededingende koord-LAN-netwerke soos Token Ring, FDDI en ARCNET vervang.

Ethernet definieer bedrading en die seine van die fisieke vlak, asook raamformate en protokolle vir mediatoegangsbeheer (media access control, MAC). Daar is verskillende standaarde vir Ethernet, met bus- en stertopologie wat moontlik is, en spoed vanaf 10 megabis tot 100 gigabis per sekonde. Dit het in die 1990's die gewildste netwerktegnologie geword.

'n Ethernet-netwerkkaart van die 1990's. Hierdie oorgangskaarte ondersteun beide die standaarde vir koaksiale kabel (10BASE2) en koeksisterpaarkabels (10BASE-T).
  1. Ralph Santitoro (2003). "Metro Ethernet Services – A Technical Overview" (PDF). mef.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 22 Desember 2018. Besoek op 9 Januarie 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne