Etrich Taube

Etrich Taube
Tipe Vegvliegtuig & bomwerper
Vervaardiger Verskeie: Lohner & Rumpler
Ontwerp deur Igo Etrich
Nooiensvlug Julie 1910
Hoofgebruikers Duitse Lugmag
Italianse Lugmag

Oostenryk-Hongaarse Lugmag

Die Etrich Taube (Duif) is 'n Duitsland monovlerk vliegtuig wat ook as vegvliegtuig en bomwerper gebruik is toe die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het. Die vliegtuig het sy nooiensvlug in Julie 1910 voltooi. Die ontwerper van die Taube, Igo Etrich, het reeds op 20 Julie 1909 sy eerste nooiensvlug aangepak en suksesvol voltooi met 'n ander ontwerp. Later in 1910 het Etrich vervaardigings lisensies met Lohner van Oostenryk en Rumpler van Duitsland onderhandel. Rumpler het die meeste van die vliegtuie vervaardig tot die uitbreek van die oorlog.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne