Eugen d'Albert

Eugen d'Albert in 1904

Eugen (oospronklik Eugène) Francois Charles d'Albert (10 April 1864 – 3 Maart 1932) was 'n Skots-gebore Duitse pianis en komponis.

Hy het sy opvoeding in Groot-Brittanje ontvang, en het op 'n vroeë stadium musikale talent getoon. Op die ouderdom van sewentien het hy 'n beurs gewen om in Oostenryk te studeer. Hy het 'n verwantskap gevoel met Duitse kultuur en musiek, soveel sò dat hy weldra na Duitsland geïmmigreer het waar hy saam met Franz Liszt gestudeer het en 'n loopbaan as 'n konsertpianis[1] begin het en sy vroeëre opleiding en opbrengs in Skotland opgesê en homself voortaan as Duits beskou het.

Terwyl hy 'n loopbaan as 'n pianis nagejaag het, het d'Albert in groter wordende mate gefokus op komposisie en soveel as een-en-twintig operas en 'n aansienlike aantal klavier, vokale, kamermusiek en orkestrale werke gekomponeer. Sy mees suksesvolle opera was Tiefland (opera), wat sy buiging gehad het in Praag in 1903.

Sy suksesvolle orkeswerke het sy tjellokonsert (1899), 'n simfonie, twee strykkwartette en twee klavierkonserte ingesluit. In 1907 het d'Albert die direkteur geword van die Berlyn Universiteit van Kunste (Hochschule für Musik) in Berlyn, waar hy 'n aansienlike invloed uitgeoefen het op musikale opvoeding in Duitsland. Hy was ook aangestel in die pos van Kapellmeister aan die Hof van Weimar. D'Albert was ses keer getroud, insluitende aan die pianis-sanger Teresa Carreño, en was agtereenvolgens 'n Britse, Duitse en Switserse burger.

  1. Jean-Pierre Thiollet, 88 notes pour piano solo, "Solo nec plus ultra", Neva Editions, 2015, p.52. ISBN 978 2 3505 5192 0.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne