Eugene Ormandy

Ormandy dirigeer die Philadelphia Simfonieorkes (1973).

Eugene Ormandy (gebore as Jenő Blau; 18 November 1899 – 12 Maart 1985) was 'n Hongaars-Amerikaanse dirigent en violis van Joodse afkoms wat bekend was om sy assosiasie met die Philadelphia Simfonieorkes as die orkes se musikale direkteur. Die maestro se 44-jaarlange verbintenis met dié simfonieorkes is een van die langste deur enige dirigent met 'n enkele simfonie-orkes.[1] Onder Ormandy verkry die Philadelphia Simfonieorkes drie goue rekords en twee Grammy toekennings.[2]

  1. Jones, Robert L. "Ormandy, Eugene". American National Biography Online. Oxford University Press. Besoek op 12 Maart 2017.
  2. Townsend, Dorothy (13 Maart 1985). "Philadelphia Orchestra's Eugene Ormandy, 85, Dies". Los Angeles Times. Besoek op 1 Januarie 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne