Europese wildekat | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | F. silvestris
|
Binomiale naam | |
Felis silvestris Von Schreber, Johann Christian Daniel, 1775
| |
Benaderde verspreidingsgebied van die Europese wildekat |
Die Europese wildekat (Felis silvestris) is ’n wildekat-spesie wat in die woude van Wes-, Sentraal-, Oos- en Suid-Europa voorkom, asook in Skotland, Turkye en die Kaukasusgebergte.
Die Europese wildekat is baie stewiger as sy Afrika-eweknie en die huiskat gebou. Die dik pels en die grootte maak ’n onderskeid gewoonlik maklik. Anders as die huiskat, is die Europese wildekat bedags aktiewer as snags.