Ewe Èʋe, Èʋegbe | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [èβeɡ͡be] | |
Gepraat in: | Benin Ghana Togo | |
Gebied: | Wes-Afrika | |
Totale sprekers: | 4,7 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Volta-Kongo Volta-Niger Left Bank Gbe Ewe | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ee
| |
ISO 639-2: | ewe
| |
ISO 639-3: | onderskeidelik:ewe – Ewewci – Wacikef – Kpesi
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Ewe (Èʋe of Èʋegbe, [èβeɡ͡be], Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 3,8 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Ewe-volk gepraat en is veral in die suide van die lande Ghana, Togo en Benin versprei.
) is 'nEwe behoort tot 'n groep van verwante tale, die Gbe-tale, wat in die weste deur die Voltarivier begrens word en oor die suide van die lande Ghana, Togo, Benin en Nigerië langs die kus van die Bog van Benin streek. Hierdie Gbe-tale vorm 'n dialekkontinuum bestaande uit Aja, Ewe, Fon, Gen en Phla-Pherá.
Ewe is nes baie Afrikatale tonaal met 'n onderwerp-werkwoord-voorwerp-volgorde. Tydens die Duitse koloniale tydperk is 'n skrifstelsel vir Ewe ingevoer, gebaseer op die Latynse alfabet met bykomende letters. Die bekendste woord is waarskynlik vodun [vodṹ] wat in Ewe en Fon "gees" of "godheid" beteken. Ewe vorm saam met ander tale die grondslag waaruit Haïtiaanse Kreools ontwikkel het.[2]
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |deadurl=
geïgnoreer (hulp)