FAK-sangbundel

Voorblad van die 1940-uitgawe van die FAK-sangbundel.
Uittreksel uit die F.A.K-Volksangbundel vir Suid-Afrika.

Die FAK-sangbundel, aanvanklik genoem die F.A.K.-volksangbundel vir Suid-Afrika, is 'n sangbundel wat Afrikaanse volksmusiek bevat en deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) uitgegee word. Die eerste weergawe het in 1937 sy verskyning gemaak en word beskou as die mees omvattende versameling Afrikaanse lirieke met bladmusiek. Dit dien as verwysingswerk vir ’n groot aantal kulturele organisasies (soos die Voortrekkers en jeugkampe), koormeesters en ook skole.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne